top of page
Search

Mpumalanga Landbou Kongres 2019

Updated: Sep 21, 2022

Mpumalanga Landbou se jaarlikse Kongres het op 6 Junie 2019 te Ingwenyama Lodge buite Witrivier plaasgevind.


Die tema van ons Kongres was Grond en water, wat nou? Die sprekers vanjaar was professore Anthonie van Nieuwkerk, Johan Kirsten en Anthony Turton. Vier sprekers, Dan Kriek, Annelize Crosby, Janse Rabie en adv. Johan Boshoff, het aan ons paneelbesprekings deelgeneem.


Die boodskap was baie duidelik: daar is nog geen gewaarborgde politieke stabiliteit binne ’n verdelende regerende party nie. Daar is nog steeds plunderaars wat die ekonomie en stabiele regering saboteer. Die litigasieproses van geïmpliseerdes voor die Zondo-kommissie sal nog jare duur. Met ’n oneffektiewe regering sal die taak vir volhoubare landbou-ontwikkeling ’n spanpoging tussen verskeie rolspelers binne die waardeketting van die landbousektor verg. Hierdie landbou-ontwikkeling is uiters noodsaaklik ter wille van stabiele plattelandse gemeenskappe.


Water kan nie meer word nie. Die water wat ons het, is ’n gegewe. Ons moet dit slimmer benut, en die manier waarop ons water beoordeel, gaan bepalend wees vir voldoende beskikbaarheid van water vir toekomstige landbouproduksie. Ons moet verstaan dat water nie voorraad is nie, maar iets wat binne tyd en ruimte bestaan en oor en oor benut moet word.


Tydens ons Kongres is Tommy Ferreira (wat ook op TWK se direksie dien) van Piet Retief as president verkies.


Die ander ampsdraers wat verkies is, is:

Visepresident Laeveld – Moorrees du Toit

Visepresident Hoëveld – Coenie Dafel

Verteenwoordigers:

Laeveld – Barend Janse van Rensburg

Onderberg – Wilscott Radley

Hoëveld Noord – Gert Smith

Hoëveld Suid – Francois Martins

Bedrywe – Leon Hiestermann

Korporatief – At van Schalkwyk

Al die ampsdraers is eenparig verkies.


Dank word uitgespreek teenoor ons uittredende president, Oubaas Malan van Volksrust, vir twee jaar diens aan Mpumalanga Landbou se lede. Meyer de Jager, uittredende verteenwoordiger van Hoëveld Noord, word ook bedank.


Tydens die dinee is die Provinsiale Jongboer-wenner aangewys. Die twee finaliste was Hendy-Hein Mathews van Davel BV en Rian Maree van Sulphur Springs BV.

Die wenner is Rian Maree.






126 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page