top of page
Search

Gewysigde ouerlike en aannemingsverlof – wat dit behels

Op 23 November 2018 het president Ramaphosa die Wysigingswet op Arbeidwette van 2018 onderteken. Hierdie Wet dek die nuwe bepalings rakende ouerlike- en aannemingsverlof ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Dit hanteer ook sekere veranderinge aan die Werkloosheidsversekeringswet.


Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) het verander om voorsiening te maak vir drie nuwe kategorieë verlof.


Die eerste kategorie is ouerlike verlof (ook bekend as ouerskaps- of vaderskapsverlof). Die nuwe wetswysigings bepaal dat ’n gade of lewensmaat van ’n persoon wat geboorte skenk aan hulle kind op 10 ononderbroke dae se ouerlike verlof geregtig is. Daar moet 1 (een) maand vooraf (of so spoedig as wat andersins redelik moontlik is) deur die gade of lewensmaat vir sodanige verlof aansoek gedoen word, welke verlof op die kind se geboortedatum sal begin. Soos in die geval van kraamverlof, sal sodanige ouerlike verlof as onbetaalde verlof geld, wat dan teen ’n vasgestelde persentasie vanaf die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) verhaal kan word. Die eisbedrag sal gelykstaande wees aan 66%, pro rata, van die eiser se gewone maandelikse salaris.


Die tweede kategorie is aannemingsverlof, wat verband hou met die aanneming van ’n kind wat onder die ouderdom van twee is. ’n Enkele aannemende ouer is op 10 opeenvolgende weke aannemingsverlof geregtig. As daar twee aannemende ouers is, sal die ander een op 10 opeenvolgende dae gewone ouerlike verlof geregtig wees. Dit word aan die aannemende ouers oorgelaat om te besluit wie aannemingsverlof en wie gewone ouerlike verlof neem. Verlof kan begin op die dag waarop die aannemingsbevel toegestaan ​​word. Die kennisgewingvereistes is soortgelyk aan dié van ouerlike verlof.


Die nuwe wetgewing vereis dat albei ouers se naam op die kind se geboortesertifikaat verskyn.


Die goeie nuus vanuit ’n werkgewer se oogpunt is dat vergoeding deur die Werkloosheidsversekeringsfonds gedek sal word.


Werkloosheidsversekering

Die Werkloosheidsversekeringswet (WVF) sal gewysig word om voorsiening te maak vir die betaling van werknemers wanneer hulle verlof neem ingevolge die nuwe kategorieë wat hierbo genoem word.


Terwyl die huidige bepalings van die BCEA oor kraamverlof onveranderd bly, sal moeders op kraamverlof verhoogde voordele van die WVF ontvang. Hulle sal 66% van hulle verdienste ontvang, onderhewig aan die maksimum inkomstedrempel. 'n Spesifieke voorsiening is bygevoeg dat die betaling van kraamvoordele nie die betaling van werkloosheidsvoordele sal beïnvloed nie. Dus, as ’n moeder haar werk verloor, sal sy steeds toegang hê tot al die ander werkloosheidsvoordele wat haar toegeval het.


Buitelandse burgers en werknemers wat ingevolge leerlingskapooreenkomste in diens is, sal in staat wees om voordele te eis.


Die onderstaande is slegs ’n kort opsomming van die veranderinge wat waarskynlik die grootste getal persone en besighede gaan beïnvloed. Ons beveel aan dat jy na gelang van jou spesifieke omstandighede advies inwin.

In ’n neutedop

Uitbreiding van ouerlike verlof (of ouerskapsverlof) Tot dusver was werkende moeders met die geboorte van ’n baba op onbetaalde verlof in die vorm van vier opeenvolgende maande kraamverlof geregtig. Indien hulle bygedra het tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), kon hulle by die fonds om kraamvoordele aansoek doen. Hierdie verlof sal nou uitgebrei word tot - “Ouerlike verlof ” of “ouerskapsverlof”: Ouers (insluitende vaders en selfdegeslag-lewensmaats/‑gades) kry nou tien opeenvolgende dae se ouerlike verlof.


“Aannemingsverlof”: Aannemende ouers van ’n kind onder die ouderdom van twee jaar kry aannemingsverlof van tien opeenvolgende weke, of ouerlike verlof van tien opeenvolgende dae (waar daar twee aannemende ouers is, berus die besluit by die ouers self oor watter een van hulle die aannemingsverlof van tien weke gaan neem en watter een van hulle die ouerlike verlof van tien dae gaan neem).


“Opdraggewende ouerlike verlof”: Opdraggewende ouers in ’n surrogaat-moederskapsooreenkoms – hier is dieselfde bepalings as vir aannemende ouers van toepassing. Dit hou in dat die opdraggewende ouers tussen hulle geregtig is op verlof. Daar is opdraggewende ouerlike verlof van minstens tien opeenvolgende weke, of ouerlike verlof van tien opeenvolgende dae (waar daar twee opdraggewende ouers is, berus die besluit by die ouers self oor watter een van hulle die ouerlike verlof van tien weke gaan neem en watter een van hulle die ouerlike verlof van tien dae gaan neem).


Ouers wat onbetaalde verlof neem soos hierbo gemeld, is ook geregtig op voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF). Werkgewers met ’n beleid ten opsigte van kraamverlof, en ook dié wat betaalde verlof verleen (in teenstelling met onbetaalde verlof), word aangeraai om in die lig van die nuutste wysigings hulle beleide te hersien.


Deur Sagrys Klopper

 
 
 

14 Comments


aliacacia521
4 days ago

I appreciate how clearly this explains the new parental leave provisions. Ten uninterrupted days and the UIF compensation could make a meaningful difference for families, although I think the application requirements are important to understand. Also, Basket Random is a fun way to unwind after reading through all these legal details!

Like

La première fois que j’ai utilisé CaptainsBet, ce n’était pas pour chercher quelque chose de compliqué, mais simplement pour avoir un espace où suivre mes événements sportifs préférés plus facilement. Depuis l’Afrique, je remarque que l’utilisation mobile est devenue essentielle, surtout quand on veut accéder rapidement aux informations sans rester devant un ordinateur. J’ai apprécié la manière dont la https://captainsbet.co/fr/ plateforme est organisée, avec une navigation claire et des sections faciles à comprendre. Que ce soit pour regarder les différents sports ou découvrir les jeux disponibles, tout semble pensé pour rester pratique. Après plusieurs utilisations, je trouve que l’expérience est agréable et adaptée aux habitudes des joueurs qui aiment garder un accès simple à leurs activités en ligne.

Edited
Like

hx Steven
Aug 24

Interesting timing on this article – I actually just had a conversation with my brother about how confusing the parental leave rules are for new dads. The 10 days for a spouse/partner is great, but the fact that it's unpaid unless you claim from the UIF catches a lot of people off guard. Speaking of ways to pass the time while on leave with a newborn, I've been killing the quiet hours with the krillion unlimited game – it's a fun daily trivia challenge that keeps my brain from turning to mush between feedings. Anyway, thanks for breaking down the adoption leave too, that part often gets overlooked.

Like

sully min
sully min
Jul 02

This is a helpful overview of the updated parental leave rights and how they support families through adoption, surrogacy, and the birth of a child. After reading informative posts like this, I like to relax with Eaglercraft, a browser-based sandbox game inspired by Minecraft, before getting back to work.

Like

Hyma
Hyma
Apr 26

fixing old photos used to take a lot of time, but not anymore.

Now it’s quick and accessible for everyone.

Really useful for saving old memories.

Like

T: (017) 824 1000 │ E: twk@twkagri.com │ 11 De Wet Street, PO Box 128, Piet Retief, 2380

© 2026 TWK AGRI (PTY) LTD | ALL RIGHTS RESERVED

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • X
  • LinkedIn
  • YouTube
J20355_CGSO_New Meber Web Icon.jpg

TWK Group Privacy Policy

Data Privacy Policy

Promotion of Access

Scam Awareness

bottom of page