Die slaggate van Mediese Fondse
- TWK Agri

- Feb 19, 2020
- 3 min read
Daar is ‘n paar belangrike punte om in gedagte te hou wanneer aangesluit word by ‘n mediese fonds. Ek gaan probeer om oor die volgende paar weke ‘n paar van hierdie punte te behandel.

Wanneer aangesluit word by enige oop mediese fonds in Suid-Afrika, het die mediese fonds, die reg, na aanleiding van die wet op mediese skemas no. 131 van 1998, om onderskrywing toe te pas op enige lid wat by die mediese fonds aansluit.
Onderskrywing wat toegepas kan word behels die volgende:
3 Maande algemene wagperiode (VMV’s uitgesluit)
3 Maande algemene wagperiode (VMV’s ingesluit)
12 Maande kondisie spesifieke uitsluitings
Laat aansluitings boete (Late Joiner Penalty)
VMV is Voorgeskrewe Minimum Voordele.
Enige mediese noodgeval
270 Mediese kondisies
25 Chroniese kondisies
3 Maande algemene wagperiode (VMV’s uitgesluit)
Periode waarin die lid geen voordele van die mediese fonds kan eis nie en is van toepassing vanaf die intree datum.
3 Maande algemene wagperiode (VMV’s ingesluit)
Periode waarin die lid geen voordele van die mediese fonds kan eis nie en is van toepassing vanaf die intree datum. Die lid sal wel gedek word vir lewens bedreigende noodgevalle & kondisies soos omskryf deur die voorgeskrewe minimum voordele. Dit sluit dekking in vir die 25 VMV chroniese kondisies.
12 Maande kondisie spesifieke wagperiode
Periode waarin die lede nie voordele kan eis vir spesifieke kondisies, waarvoor daar mediese advies, diagnose, sorg of behandeling ontvang is, in die voorafgaande 12 maande nie. Dit beteken dat enige bestaande mediese kondisie (cholestrol, diabetes, rug probleme ens.) uitgesluit sal word vir 12 maande vanaf die intree datum. Geen eis wat direk verband hou met die kondisie sal in die eerste 12 maande betaal word nie.
Laat aansluitings boete – (Late joiner penalty)
Dit is ‘n boete wat op alle lede, oor die ouderdom van 35, gehef kan word. Boete word slegs op die risiko premie bereken, en is betaalbaar elke maand, so lank as wat jy lid is van die mediese fonds. Om die boete te vermy moet bewys van lidmaatskap gelewer word, van vorige mediese fonds lidmaatskap. Dit kan gedoen word deur lidmaatskap sertifikate of ‘n beëdigde verklaring in te handig.
Boete word as volg bereken
1-4 jaar - 5%
5-14 jaar - 25%
15-24 jaar - 50%
25+ jaar - 75%
Gestel die lid is 65 jaar oud, en hy kan 20 jaar se lidmaatskap bewys, word die aantal jare wat hy lid van ‘n mediese fonds was afgetrek van sy ouderdom, wat 45 jaar oorlos. Aangesien die boete eers van toepassing is na die ouderdom van 35, beteken dit dat die aansoeker nie lid van ‘n skema vir 10 jaar was nie (45-35 = 10 jare). Dus sal die boete op 25% bereken word.
Hierdie boete is in plek gesit om mense aan te moedig om by mediese skemas aan te sluit terwyl hulle nog jonk is, en nie net aan te sluit wanneer hospitalisasie of ‘n ernstige siekte gediagnoseer word nie.
Wanneer sal onderskrywing van toepassing wees
A – As die kliënt nie ‘n lid van ‘n mediese skema vir 90 dae of meer was voordat aangesluit word nie. 3 Maande algemene wagperiode plus 12 maande kondisie spesifieke uitsluitings, asook laat aansluitings boete. VMV voordele word nie gedek nie.
B – As die kliënt aan ‘n skema behoort het vir 0 – 24 maande en binne 90 dae van beëindiging van vorige lidmaatskap, aansluit by ‘n nuwe fonds.
12 maande kondisie spesifieke wagperiode plus laat aansluitings boete
VMV voordele word gedek.
C – As die kliënt aaneenlopend aan ‘n mediese skema behoort het vir meer as 24 maande en binne 90 dae aansluit by ‘n nuwe mediese fonds.
3 Maande algemene wagperiode plus laat aansluitings boete.
VMV voordele word gedek.
Belangrik om ook te onthou is dat ‘n mediese fonds nie ‘n 3 maande of 12 maande kondisie spesifieke uitsluiting kan toepas, op ‘n kinder afhanklike wat in die periode van lidmaatskap gebore is nie.
Kontak my gerus indien daar enige vrae of onduidelikheid is oor onderskrywing wat toegepas kan word.
Dirk Conradie
Mediese fonds bemarker
TWK Agri (Pty)Ltd
017 824 1129
082 566 6678













Detailed and practical, this guide explains concrete rebar in a way that feels approachable without oversimplifying. The step by step clarity is especially useful for readers new to the subject. I recently came across a construction related explanation on https://hurenberlin.com that offered a similar level of clarity, and this article fits right in with that quality. Great شيخ روحاني resource. explanation feels practical for everyday rauhane users. I checked recommended tools on https://www.eljnoub.com
s3udy
q8yat
elso9
Using technology to increase access to youth mental health support may offer a practical way for young people to reach guidance, safe-spaces, and early help without feeling overwhelmed by traditional systems. Digital platforms, helplines, and apps could give them a chance to seek support privately, connect with trained listeners-orexplore resources that might ease their emotional load. This gentle shift toward tech-based support may encourage youth to open-up at their own pace, especially when in-person help feels too heavy to approach.
There is always a chance that these tools-quietly make support feel closer than before, creating moments where help appears just a tap away. Even a small digital interaction might bring a sense of comfort. And somewhere in that space, you…
Upgrading to the pussy888 slot rm711 was the best decision. The gameplay experience is smoother than ever with quick loading and seamless transitions. I love seeing updated slot machines with richer graphics and new bonus rounds. The updated security layers make me feel confident about deposits and withdrawals. The interface feels refreshed and easier to use, especially the navigation menu and promotions tab. If you're on an older version, it’s time to make the switch—the latest Pussy888 app update offers a more polished and enjoyable experience.
Designed for true music lovers, rimusic download provides efficient playback with open-source reliability.
Grand theft auto vi is your playground of destruction, freedom, and fast-paced action—take control of Los Santos your way.