top of page
Search

Die slaggate van Mediese Fondse

Daar is ‘n paar belangrike punte om in gedagte te hou wanneer aangesluit word by ‘n mediese fonds. Ek gaan probeer om oor die volgende paar weke ‘n paar van hierdie punte te behandel.

ree

Wanneer aangesluit word by enige oop mediese fonds in Suid-Afrika, het die mediese fonds, die reg, na aanleiding van die wet op mediese skemas no. 131 van 1998, om onderskrywing toe te pas op enige lid wat by die mediese fonds aansluit.


Onderskrywing wat toegepas kan word behels die volgende:

  • 3 Maande algemene wagperiode (VMV’s uitgesluit)

  • 3 Maande algemene wagperiode (VMV’s ingesluit)

  • 12 Maande kondisie spesifieke uitsluitings

  • Laat aansluitings boete (Late Joiner Penalty)


VMV is Voorgeskrewe Minimum Voordele.

  • Enige mediese noodgeval

  • 270 Mediese kondisies

  • 25 Chroniese kondisies


3 Maande algemene wagperiode (VMV’s uitgesluit)

Periode waarin die lid geen voordele van die mediese fonds kan eis nie en is van toepassing vanaf die intree datum.


3 Maande algemene wagperiode (VMV’s ingesluit)

Periode waarin die lid geen voordele van die mediese fonds kan eis nie en is van toepassing vanaf die intree datum. Die lid sal wel gedek word vir lewens bedreigende noodgevalle & kondisies soos omskryf deur die voorgeskrewe minimum voordele. Dit sluit dekking in vir die 25 VMV chroniese kondisies.


12 Maande kondisie spesifieke wagperiode

Periode waarin die lede nie voordele kan eis vir spesifieke kondisies, waarvoor daar mediese advies, diagnose, sorg of behandeling ontvang is, in die voorafgaande 12 maande nie. Dit beteken dat enige bestaande mediese kondisie (cholestrol, diabetes, rug probleme ens.) uitgesluit sal word vir 12 maande vanaf die intree datum. Geen eis wat direk verband hou met die kondisie sal in die eerste 12 maande betaal word nie.


Laat aansluitings boete – (Late joiner penalty)

Dit is ‘n boete wat op alle lede, oor die ouderdom van 35, gehef kan word. Boete word slegs op die risiko premie bereken, en is betaalbaar elke maand, so lank as wat jy lid is van die mediese fonds. Om die boete te vermy moet bewys van lidmaatskap gelewer word, van vorige mediese fonds lidmaatskap. Dit kan gedoen word deur lidmaatskap sertifikate of ‘n beëdigde verklaring in te handig.


Boete word as volg bereken

1-4 jaar - 5%

5-14 jaar - 25%

15-24 jaar - 50%

25+ jaar - 75%


Gestel die lid is 65 jaar oud, en hy kan 20 jaar se lidmaatskap bewys, word die aantal jare wat hy lid van ‘n mediese fonds was afgetrek van sy ouderdom, wat 45 jaar oorlos. Aangesien die boete eers van toepassing is na die ouderdom van 35, beteken dit dat die aansoeker nie lid van ‘n skema vir 10 jaar was nie (45-35 = 10 jare). Dus sal die boete op 25% bereken word.

Hierdie boete is in plek gesit om mense aan te moedig om by mediese skemas aan te sluit terwyl hulle nog jonk is, en nie net aan te sluit wanneer hospitalisasie of ‘n ernstige siekte gediagnoseer word nie.


Wanneer sal onderskrywing van toepassing wees

A As die kliënt nie ‘n lid van ‘n mediese skema vir 90 dae of meer was voordat aangesluit word nie. 3 Maande algemene wagperiode plus 12 maande kondisie spesifieke uitsluitings, asook laat aansluitings boete. VMV voordele word nie gedek nie.


B As die kliënt aan ‘n skema behoort het vir 0 – 24 maande en binne 90 dae van beëindiging van vorige lidmaatskap, aansluit by ‘n nuwe fonds.

12 maande kondisie spesifieke wagperiode plus laat aansluitings boete

VMV voordele word gedek.


CAs die kliënt aaneenlopend aan ‘n mediese skema behoort het vir meer as 24 maande en binne 90 dae aansluit by ‘n nuwe mediese fonds.

3 Maande algemene wagperiode plus laat aansluitings boete.

VMV voordele word gedek.


Belangrik om ook te onthou is dat ‘n mediese fonds nie ‘n 3 maande of 12 maande kondisie spesifieke uitsluiting kan toepas, op ‘n kinder afhanklike wat in die periode van lidmaatskap gebore is nie.


Kontak my gerus indien daar enige vrae of onduidelikheid is oor onderskrywing wat toegepas kan word.


Dirk Conradie

Mediese fonds bemarker

TWK Agri (Pty)Ltd

017 824 1129

082 566 6678

 
 
 

13 comentarios


Pussy888
Pussy888
3 days ago

Upgrading to the pussy888 slot rm711 was the best decision. The gameplay experience is smoother than ever with quick loading and seamless transitions. I love seeing updated slot machines with richer graphics and new bonus rounds. The updated security layers make me feel confident about deposits and withdrawals. The interface feels refreshed and easier to use, especially the navigation menu and promotions tab. If you're on an older version, it’s time to make the switch—the latest Pussy888 app update offers a more polished and enjoyable experience.

Me gusta

Designed for true music lovers, rimusic download​ provides efficient playback with open-source reliability.

Me gusta

Grand theft auto vi​ is your playground of destruction, freedom, and fast-paced action—take control of Los Santos your way.

Me gusta

wsws
wsws
23 jul

92R Game brings a polished and competitive experience to fans of strategy games. With its real-time action, thoughtful progression system, and strong community engagement, it stands as a strong option in the current gaming market. Whether you're a seasoned strategist or a newcomer looking for your next favorite title, 92R deserves a spot on your radar.

Me gusta

wsws
wsws
23 jul

pikashow online movie watch stands out as an efficient, user-friendly, and free solution for anyone looking to stream a wide range of entertainment content. While it’s not a licensed app, millions use it every day thanks to its features, regular updates, and reliable performance. Always ensure you’re downloading the APK from a safe source and consider using a VPN to protect your privacy.

Me gusta

T: (017) 824 1000 │ E: twk@twkagri.com │ 11 De Wet Street, PO Box 128, Piet Retief, 2380

© 2025 TWK AGRI (PTY) LTD | ALL RIGHTS RESERVED

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • X
  • LinkedIn
  • YouTube
J20355_CGSO_New Meber Web Icon.jpg

TWK Group Privacy Policy

Data Privacy Policy

Promotion of Access

Scam Awareness

bottom of page