top of page
Search

Die Graansilo-proses

Mar 3, 2020
4 min read

Maak seker u is bekend met die TWK graansilo-proses vir 2020.

PROSES 1

’n Verteenwoordigende monster graan met ’n minimum massa van 10 kg word uit die besending geneem. Die monster word dan eweredig verdeel sodat ’n werkbare monster verkry kan word, waarna die monster gegradeer word om die graad te bepaal.


Indien die graan nie aan die graderingsregulasie voldoen nie, sal die vrag eers buite die silo gesif word. Bogenoemde stappe vind plaas volgens die regulasies wat uit die Staatskoerant verkry word. Dit word gedoen deur bekwame personeel wat die vereiste opleiding by geakkrediteerde maatskappye ondergaan het en die nodige kwalifikasies verwerf het.

PROSES 2

Indien die graan nie aan die wetlike graderingsvereistes voldoen nie, maar dit wel binne spesifikasie gekry kan word deur dit te sif, sal die produsent geskakel word en daaroor ingelig word. Indien die produsent dit so aanvaar, sal die vrag eers gesif word voordat die

volgende proses begin.


Daar is verskeie redes waarom graan verkieslik gesif moet word voordat dit vir die opbergingsproses ontvang word:


  1. Die werklike skoon massa kan van die produsent ontvang word en daar hoef nie volgens ’n teoretiese massa gewerk te word nie.

  2. Die skoon massa kan vir die produsent ’n meer voordelige vogmassa tot gevolg hê, aangesien gifsade en vreemde materiaal die vogpersentasie op die vrag kan verhoog.

  3. Indien graan opgeberg word om later gesif te word, is die moontlikheid baie groter om tydens versendings afwykings te kry, wat weer dispute vanaf kopers tot gevolg kan hê (dit verhoog ook die risiko tydens opberging).

  4. Graan met te veel vreemde materiaal in verhoog die kans vir blokkasies in die masjinerie, wat weer produktiwiteit en instandhoudingskoste kan beïnvloed.

  5. Graan wat opgeberg word en nog gesif moet word, neem opbergingskapasiteit op wat gebruik kon word om skoon graan op te berg, en sodoende kan die maksimum opbergingskapasiteit van die fasiliteit nie benut word nie.


PROSES 3

Indien die besending graan aan sekere vereistes voldoen, sal die vrag ingeneem word. Die vrag sal geweeg en ’n hopper/aflaaiput aangewys word waarin die vrag afgelaai kan word. Die hoppers word deur die graad en tipe gewas van die betrokke vrag bepaal.


PROSES 4

Graan wat volgens die graderingsregulasies te nat is, hou ’n baie hoë risiko in en kan nie veilig opgeberg word nie. Sulke graan kan so warm word dat dit hittebeskadiging veroorsaak, of selfs aan die brand slaan. Hierdie hoë temperature is ook gunstig vir die uitbroei van graaninsekte en die groei van verskeie swamme. Die asemhaling van graaninsekte veroorsaak meer vogtigheid en hitte in die graan en so word ’n sneeubaleffek verkry: meer hitte, meer insekte, meer swamme en uiteindelik meer beskadigde graan.


Om bogenoemde risiko uit te skakel, word die graan dus teen die korrekte temperature en vir die korrekte periodes in industriële graandroërs gedroog totdat die gewenste graanvog verkry word. Indien graan verkeerd gedroog word, word die kwaliteit van die

graan ook beïnvloed.


PROSES 5

Graan wat ná die afloop van bogenoemde prosesse gereed is om opgeberg te word, word dan na een van die kenmerkende silobuise toe getrek. Graan word, soos bo genoem, per

kommoditeit en graad opgeberg.


Terwyl hierdie graan op die graanvervoerband loop, word daar ’n insekdoder in die vorm van ’n ronde pil op die graan gegooi. Hierdie tipe insekdoder word teen ’n spesifieke dosis per ton graan toegedien en word deur gekwalifiseerde plaagbeheeramptenare hanteer. Elke plaagbeheeramptenaar is by die Departement Van Landbou geregistreer, wat ’n PCO- nommer (Pest Control Officernommer) aan die persoon uitgereik het.


Deur bogenoemde proses te volg, word die risiko vir die uitbroei van graaninsekte verminder en dit hanteer ook die kwessie van graaninsekte wat vanaf die land in die graan beland.


PROSES 6

Tydens die hanteringsproses van graan word ’n afvalproduk deur die sif- en stofafsuigingmasjinerie in die silo gegenereer. Die afvalprodukte staan bekend as sifsels en kaf.


PROSES 7

Die graaninname is nou afgehandel, maar dit is nog lank nie die einde nie. Van hier af word die graantemperature en kwaliteit deurgaans gemoniteer. Dit word gedoen met gevorderde

tegnologiese toerusting wat die graan se temperature in die volle vertikale hoogte per silobuis meet en die resultate op gesofistikeerde sagteware aandui. Daar word ook op ’n weeklikse basis siftoetse gedoen om die teenwoordigheid van graaninsekte so spoedig moontlik te identifiseer. Graaninsekte kan ook tydens die opbergingsproses uitbroei, waarna die graan met ’n insekdoder herberook moet word. Graanvoorraadbestuur word deurlopend

toegepas, en ook hier word gesofistikeerde hardeware en sagteware gebruik.


PROSES 8

Die laaste deel van die graansiloproses in hierdie waardetoevoegingsketting is die versending van die graan na die verwerkingsaanleg. Alvorens die graan versend kan word,

moet daar ’n instruksie by hoofkantoor aangevra word, waarna ’n laaigleuf per dag aan die eienaar van die graan toegeken word nadat die graad en kommoditeit bevestig is.


Die silo is dus ’n broodnodige stap in die hele waardetoevoegingsketting om te verseker dat die verwerker ’n produk ontvang wat volgens die beste opbergingspraktyke hanteer is en aan die nodige kwaliteitsvereistes voldoen. Van hier af sal die verwerkingsaanleg die nodige produk vervaardig en weer na hulle onderskeie groothandelaars en kettingwinkels regoor

die land verskeep.


Onthou, graan word nie net as voedsel gebruik nie! Mans, het julle geweet daar is mielies in onder andere die houtskool wat julle so lekker mee braai? Vroue, het julle geweet mielieprodukte word selfs in julle grimering gebruik? Kinders, het julle geweet daar is

mielieprodukte tot in die kleefgom wat julle in die skool gebruik – en dit is maar net om ’n paar te noem!

 
 
 

71 Comments


TG88 mình mới lướt thử vì thấy nhiều người nhắc, kiểu tò mò xem trang nhìn ra sao thôi chứ không có ý “soi” gì. Vào cái là thấy họ làm giao diện khá thoáng, chia khu vực rõ nên kéo một lúc vẫn biết mình đang ở mục nào, không bị rối chữ. Mình có đọc lướt phần giới thiệu thì thấy họ nói nhiều về chuyện tập trung trải nghiệm lâu dài hơn là chạy quảng cáo ngắn hạn, nghe cũng hợp lý kiểu làm bền bỉ. Cái mình thích nhất là kho trò chơi nhìn có vẻ được cập nhật đều, sắp xếp theo dạng khối nên nhìn phát nhận ra nhóm nội dung ngay, cuộn xuống…

Like

GG88 có đáng để mình lướt qua vài phút không? Có, kiểu “được đấy” theo cách hơi buồn cười là mình vào chỉ định xem bố cục có rối không mà cuối cùng lại ngồi đọc đoạn giới thiệu lâu hơn dự tính vì họ viết về tiêu chuẩn vận hành với bảo mật nghe khá chỉnh chu, ít nhất là không kiểu nói cho có. Giao diện nhìn hiện đại. Chữ không bị dí sát nhau. Kéo xuống cũng nhẹ nhàng, không cảm giác bị nhét cả đống thông tin vào mặt. Menu để chỗ dễ thấy nên chuyển qua lại nhanh, khỏi phải đoán xem nút nằm ở đâu. Mấy khối nội dung tách bạch rõ ràng, và…

Like

ZBET mình mới lướt thử vì thấy nhiều người nhắc, kiểu vào xem cho biết thôi chứ không phải dân rành mấy trò. Cảm giác đầu tiên là giao diện nhìn khá “sạch”, màu sắc ổn và bố cục không bị rối mắt. Mình thích cách họ chia nội dung theo từng khối rõ ràng, kéo xuống là gặp các tiêu đề tách bạch nên đọc nhanh vẫn nắm được ý. Có đoạn nói về tổng quan hệ thống với cách vận hành, viết gọn gàng nên không bị ngợp chữ. Nói chung lướt vài phút là hiểu họ đang giới thiệu gì, không phải mò mẫm nhiều. Nhìn trên trang, các khối thông tin được sắp xếp theo mục…

Like

DN88 có rối mắt như mình lo không? Ờ thì… không hẳn, may quá. Mình vào thử với tâm thế “lại thêm một trang đầy chữ”, nhưng lướt vài cái là thấy bố cục chia theo từng khối khá rõ, nhìn phát biết nên xem phần nào trước. Menu đặt ở chỗ dễ thấy nên chuyển qua lại cũng tiện, không phải căng mắt đi tìm. Mình không đọc sâu nội dung, chủ yếu xem cách họ sắp xếp thôi, và cảm giác mọi thứ đi theo một trật tự khá ổn. Mấy bảng thông tin dạng cột nhìn gọn, chữ không chen chúc nên đọc nhanh cũng hiểu đại khái. Kéo xuống cũng không bị lạc vì các block…

Like

https://hi88.soccer/ lúc đầu mình cũng hơi ngại vì sợ giao diện rối mắt, nhưng vào lướt vài phút thì thấy ổn hơn mình tưởng. Trang trình bày theo kiểu chia khối rõ ràng nên mình kéo xuống xem cũng nhanh, thông tin nằm gọn trong mấy ô nhìn cái là nắm được ý chính chứ không phải đọc quá nhiều. Menu đặt chỗ dễ thấy nên đổi qua lại giữa các mục khá tiện, khỏi phải mò lâu (mình chỉ xem bố cục thôi chứ không tìm hiểu sâu). Font chữ và khoảng cách giữa các phần cũng vừa phải nên mắt đỡ mệt khi đọc nhanh. Nói chung cảm giác dùng tự nhiên, nhất là mấy tiêu đề và…

Like

T: (017) 824 1000 │ E: twk@twkagri.com │ 11 De Wet Street, PO Box 128, Piet Retief, 2380

​

​

​© 2026 TWK AGRI (PTY) LTD | ALL RIGHTS RESERVED

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • X
  • LinkedIn
  • YouTube
J20355_CGSO_New Meber Web Icon.jpg

TWK Group Privacy Policy

Data Privacy Policy

Promotion of Access

Scam Awareness

bottom of page