top of page
Search

Die Graansilo-proses

Maak seker u is bekend met die TWK graansilo-proses vir 2020.

PROSES 1

’n Verteenwoordigende monster graan met ’n minimum massa van 10 kg word uit die besending geneem. Die monster word dan eweredig verdeel sodat ’n werkbare monster verkry kan word, waarna die monster gegradeer word om die graad te bepaal.


Indien die graan nie aan die graderingsregulasie voldoen nie, sal die vrag eers buite die silo gesif word. Bogenoemde stappe vind plaas volgens die regulasies wat uit die Staatskoerant verkry word. Dit word gedoen deur bekwame personeel wat die vereiste opleiding by geakkrediteerde maatskappye ondergaan het en die nodige kwalifikasies verwerf het.

PROSES 2

Indien die graan nie aan die wetlike graderingsvereistes voldoen nie, maar dit wel binne spesifikasie gekry kan word deur dit te sif, sal die produsent geskakel word en daaroor ingelig word. Indien die produsent dit so aanvaar, sal die vrag eers gesif word voordat die

volgende proses begin.


Daar is verskeie redes waarom graan verkieslik gesif moet word voordat dit vir die opbergingsproses ontvang word:


  1. Die werklike skoon massa kan van die produsent ontvang word en daar hoef nie volgens ’n teoretiese massa gewerk te word nie.

  2. Die skoon massa kan vir die produsent ’n meer voordelige vogmassa tot gevolg hê, aangesien gifsade en vreemde materiaal die vogpersentasie op die vrag kan verhoog.

  3. Indien graan opgeberg word om later gesif te word, is die moontlikheid baie groter om tydens versendings afwykings te kry, wat weer dispute vanaf kopers tot gevolg kan hê (dit verhoog ook die risiko tydens opberging).

  4. Graan met te veel vreemde materiaal in verhoog die kans vir blokkasies in die masjinerie, wat weer produktiwiteit en instandhoudingskoste kan beïnvloed.

  5. Graan wat opgeberg word en nog gesif moet word, neem opbergingskapasiteit op wat gebruik kon word om skoon graan op te berg, en sodoende kan die maksimum opbergingskapasiteit van die fasiliteit nie benut word nie.


PROSES 3

Indien die besending graan aan sekere vereistes voldoen, sal die vrag ingeneem word. Die vrag sal geweeg en ’n hopper/aflaaiput aangewys word waarin die vrag afgelaai kan word. Die hoppers word deur die graad en tipe gewas van die betrokke vrag bepaal.


PROSES 4

Graan wat volgens die graderingsregulasies te nat is, hou ’n baie hoë risiko in en kan nie veilig opgeberg word nie. Sulke graan kan so warm word dat dit hittebeskadiging veroorsaak, of selfs aan die brand slaan. Hierdie hoë temperature is ook gunstig vir die uitbroei van graaninsekte en die groei van verskeie swamme. Die asemhaling van graaninsekte veroorsaak meer vogtigheid en hitte in die graan en so word ’n sneeubaleffek verkry: meer hitte, meer insekte, meer swamme en uiteindelik meer beskadigde graan.


Om bogenoemde risiko uit te skakel, word die graan dus teen die korrekte temperature en vir die korrekte periodes in industriële graandroërs gedroog totdat die gewenste graanvog verkry word. Indien graan verkeerd gedroog word, word die kwaliteit van die

graan ook beïnvloed.


PROSES 5

Graan wat ná die afloop van bogenoemde prosesse gereed is om opgeberg te word, word dan na een van die kenmerkende silobuise toe getrek. Graan word, soos bo genoem, per

kommoditeit en graad opgeberg.


Terwyl hierdie graan op die graanvervoerband loop, word daar ’n insekdoder in die vorm van ’n ronde pil op die graan gegooi. Hierdie tipe insekdoder word teen ’n spesifieke dosis per ton graan toegedien en word deur gekwalifiseerde plaagbeheeramptenare hanteer. Elke plaagbeheeramptenaar is by die Departement Van Landbou geregistreer, wat ’n PCO- nommer (Pest Control Officernommer) aan die persoon uitgereik het.


Deur bogenoemde proses te volg, word die risiko vir die uitbroei van graaninsekte verminder en dit hanteer ook die kwessie van graaninsekte wat vanaf die land in die graan beland.


PROSES 6

Tydens die hanteringsproses van graan word ’n afvalproduk deur die sif- en stofafsuigingmasjinerie in die silo gegenereer. Die afvalprodukte staan bekend as sifsels en kaf.


PROSES 7

Die graaninname is nou afgehandel, maar dit is nog lank nie die einde nie. Van hier af word die graantemperature en kwaliteit deurgaans gemoniteer. Dit word gedoen met gevorderde

tegnologiese toerusting wat die graan se temperature in die volle vertikale hoogte per silobuis meet en die resultate op gesofistikeerde sagteware aandui. Daar word ook op ’n weeklikse basis siftoetse gedoen om die teenwoordigheid van graaninsekte so spoedig moontlik te identifiseer. Graaninsekte kan ook tydens die opbergingsproses uitbroei, waarna die graan met ’n insekdoder herberook moet word. Graanvoorraadbestuur word deurlopend

toegepas, en ook hier word gesofistikeerde hardeware en sagteware gebruik.


PROSES 8

Die laaste deel van die graansiloproses in hierdie waardetoevoegingsketting is die versending van die graan na die verwerkingsaanleg. Alvorens die graan versend kan word,

moet daar ’n instruksie by hoofkantoor aangevra word, waarna ’n laaigleuf per dag aan die eienaar van die graan toegeken word nadat die graad en kommoditeit bevestig is.


Die silo is dus ’n broodnodige stap in die hele waardetoevoegingsketting om te verseker dat die verwerker ’n produk ontvang wat volgens die beste opbergingspraktyke hanteer is en aan die nodige kwaliteitsvereistes voldoen. Van hier af sal die verwerkingsaanleg die nodige produk vervaardig en weer na hulle onderskeie groothandelaars en kettingwinkels regoor

die land verskeep.


Onthou, graan word nie net as voedsel gebruik nie! Mans, het julle geweet daar is mielies in onder andere die houtskool wat julle so lekker mee braai? Vroue, het julle geweet mielieprodukte word selfs in julle grimering gebruik? Kinders, het julle geweet daar is

mielieprodukte tot in die kleefgom wat julle in die skool gebruik – en dit is maar net om ’n paar te noem!

 
 
 

62 Comments


Tài xỉu Fyi mình cũng tò mò nên bấm thử xem sao, ai ngờ vừa vào là đập ngay cái trang “404 Not Found” luôn. Kiểu hơi hụt hẫng nhưng cũng buồn cười, vì ít ra nó báo thẳng là tài nguyên không có trên server, không vòng vo. Trang lỗi nhìn đơn giản, chữ dễ đọc, không có mấy thứ rối mắt nên lướt qua cũng nhẹ nhàng. Mình để ý phía dưới còn có dòng “Proudly powered by LiteSpeed Web Server” giống kiểu dấu nhận diện của server ấy. Nói chung không xem được gì thêm ngoài cái khung báo lỗi, và trên trang chỉ hiện rõ “404 Not Found” kèm dòng LiteSpeed ở dưới.

Like

Hi88 dạo này thấy mọi người nhắc nhiều quá nên mình cũng bấm vào coi thử cho biết thôi. Mình không ngồi đọc kỹ hay tham gia gì, chủ yếu xem giao diện họ làm ra sao. Cảm giác đầu tiên là trang nhìn khá thoáng, chữ với các khối nội dung tách bạch nên lướt không bị mỏi mắt. Mình để ý cái menu đặt khá dễ thấy, bấm qua lại mấy mục cũng nhanh, không phải mò lâu như vài chỗ khác. Mấy phần thông tin họ trình bày gọn theo kiểu chia cột nên nhìn một cái là hiểu đang nói gì, không bị rối. Nói chung mới vào vài phút là quen tay vì bố cục…

Like

https://jw88z.com/ có dễ xem ngay lần đầu không? Mình thử lướt vài phút thì thấy ổn, kiểu bố cục chia khối rõ ràng nên nhìn phát biết chỗ nào là phần giới thiệu, chỗ nào là khu trò chơi, đỡ phải đoán mò. Mình không đọc kỹ hết, chỉ để ý cách họ dẫn dắt nội dung: có đoạn nói về định hướng giải trí trực tuyến và hành trình xây dựng thương hiệu, viết theo tiêu đề từng mục nên đọc nhanh vẫn nắm ý. Menu để ngay chỗ dễ thấy nên bấm qua lại tiện. Nói chung cảm giác trang làm gọn gàng, không rối. Mình thích nhất là họ tách riêng thông tin giấy phép/đơn vị quản…

Like

789F hôm trước thấy bạn bè nhắc nên mình bấm vào coi thử cho biết thôi, kiểu tò mò giao diện ra sao chứ không có ngồi tìm hiểu sâu. Lướt một vòng thấy trang làm khá dễ chịu, nhìn không rối mắt. Mình để ý nhất là phần menu đặt ngay chỗ dễ thấy nên chuyển qua lại mấy mục khá nhanh, không phải kéo lên kéo xuống tìm nút. Với lại cách họ chia nội dung thành từng khối riêng nhìn rõ ràng, đọc lướt cũng nắm được mình đang ở phần nào. Nói chung chỉ cần vậy là đủ để mình hình dung bố cục, và điểm mình thích là các ô thông tin tách bạch kèm…

Like

LUCK8 ừ mình cũng kiểu chỉ ghé qua cho biết thôi, ai ngờ nhìn cái bố cục lại dễ chịu hơn mình tưởng; trang không nhồi nhét chữ nghĩa linh tinh nên lướt một hơi là nắm được ngay, cảm giác như một site WordPress mới dựng, mọi thứ còn gọn và thoáng, không phải căng mắt tìm chỗ cần đọc. Nội dung thì đúng kiểu bài mở màn, đọc vài dòng là hiểu đây là post đầu tiên chào “Hello world!”; mình thích cái cách nó để lời chào thẳng thắn, không vòng vo, nhìn nhẹ nhàng và cuộn xuống cũng mượt. Mình còn bật cười vì câu nhắc “Edit or delete it, then start writing!” nằm ngay trong…

Like

T: (017) 824 1000 │ E: twk@twkagri.com │ 11 De Wet Street, PO Box 128, Piet Retief, 2380

© 2026 TWK AGRI (PTY) LTD | ALL RIGHTS RESERVED

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • X
  • LinkedIn
  • YouTube
J20355_CGSO_New Meber Web Icon.jpg

TWK Group Privacy Policy

Data Privacy Policy

Promotion of Access

Scam Awareness

bottom of page