top of page
Search

Mnr. RL Meyer tree af as Voorsitter


Jy gaan na 23 jaar se diens as direkteur van TWK uittree. Wat hou die toekoms vir jou in?

"Ek gaan my meer op my boerdery toespits en daar is ook nog baie plekke in ons mooi land

wat ek graag saam met vroulief sal wil besoek."


Wat is jou beste herinnering van die 23 jaar by TWK?

"Geen enkele gebeurtenis nie. Goeie herinneringe is egter die dat ons veral in die laaste jare

as een span voluit getrek het."


As jy kon terugkyk na jouself 23 jaar gelede, watter raad sou jy jouself as direkteur van TWK

gee?

"Win ander mense se kundigheid en kennis in as jyself nie weet nie. Wees deursigtig teenoor

aandeelhouers, veral in moeilike tye."


Wat is die grootste prestasie van jou loopbaan?

"'n Baie belangrike gebeurtenis by TWK was dat ons op die ZARX beurs kon noteer. Dit

beteken vir TWK geweldig baie. Die uitbreiding wat ons in ons kernbedryf, naamlik die

houtbedryf, bewerkstellig het."


In jou 23 jaar by TWK, watter tyd was vir jou die uitdagendste?

"Die jare as voorsitter van die direksie was baie uitdagend. Die destydse besigheidsongeluk

het TWK onder geweldige finansiële druk geplaas. Ook het TWK se geloofwaardigheid en

beeld daardeur, in die openbaar en ook onder aandeelhouers, gelei."


Wat was jou rol as direkteur by TWK?

"Om doelwitte daar te stel, bedoelende om die pad aan te wys waarheen ons as TWK wil

gaan."


Wanneer, na jou mening, behaal ’n maatskappy sukses?

"As 'n direksie 'n duidelike beleid of doelwit daar stel, met 'n kundige en gemotiveerde

uitvoerende bestuur wat daarby inkoop. As 'n maatskappy goeie koöperatiewe bestuur

toepas."


Watter raad het jy vir die direkteure wat tans TWK verder moet lei en ondersteun?

"'n Direkteur behoort altyd te onthou dat hy 'n verantwoordelikheid het teenoor die

aandeelhouers wat hom daar geplaas het. Besef dat die personeel van TWK sy belangrikste

bate is."


Baie geluk aan die volgende persone wat verskies is tot direkteurslede:

• Fanus Stapelberg: Voorsitter

• Tommy Ferreira: Onder-voorsitter

• Erhard Prinsloo: Raadslid

• Heino Hiestermann: Raadslid

 
 
 

4 Comments


que lee
que lee
May 27

Subway Surfers has additionally evolved into a cultural phenomenon, inspiring various forms of fan-created content, including fan art and cosplay. Its profound influence on the mobile gaming industry is undeniable, having established a precedent for numerous subsequent endless runner titles.

Like

at Monkey Mart, mastering supermarket management is only the beginning; you'll also have to be good at planning, organizing, and smart resource allocation.

Like

23 years of dedication is a proud journey. Thank you for your great contributions to TWK. Now whenever I need a little rest, I often open geometry dash spam, a simple but extremely addictive game.

Like

Kaiser OTC benefits provide members with discounts on over-the-counter medications, vitamins, and health essentials, promoting better health management and cost-effective wellness solutions.


Obituaries near me help you find recent death notices, providing information about funeral services, memorials, and tributes for loved ones in your area.


is traveluro legit? Many users have had mixed experiences with the platform, so it's important to read reviews and verify deals before booking.

Like

T: (017) 824 1000 │ E: twk@twkagri.com │ 11 De Wet Street, PO Box 128, Piet Retief, 2380

© 2025 TWK AGRI (PTY) LTD | ALL RIGHTS RESERVED

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • X
  • LinkedIn
  • YouTube
J20355_CGSO_New Meber Web Icon.jpg

TWK Group Privacy Policy

Data Privacy Policy

Promotion of Access

Scam Awareness

bottom of page