TWK

Motors en Bande

Protea Bande


TWK het aandele in Protea Versoolwerke Ermelo (Edms) Bpk met ’n herversolingsaanleg in Ermelo en Kimberley asook vyf kleinhandeltakke in Piet Retief, Ermelo, Vryheid, Kimberley en Gauteng.

Die Protea Bandegroep se voetafdruk is versprei oor Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Vrystaat en die Noord-Kaap. Die groep is ’n toonaangewende verspreider van bande en bandedienste.

Ons kernbesigheid is gehalte vervaardiging van aanwending-spesifieke herversolings en die bevordering en implementering van koste-per-kilometer(KPK)-stelsels vir alle eindgebruikers.

Die groep is ook ’n toonaangewende verskaffer in die kleinhandelsektor, met takke in Ermelo, Piet Retief, Vryheid, Kimberley, Komatipoort en Gauteng. Met franchise-handelsname soos Bandag, Continental, Dunlop en Battery Centre streef ons daarna om ’n uitstekende diens aan ’n uiteenlopende klantebasis te verskaf.

                                                                           

      

Die bedryf het sy fokus verander om meer klantgedrewe te word.  Ons glo ook in ’n kontraktuele verhouding met die eindgebruiker, en nie ’n transaksionele tipe verhouding nie, om ’n langtermynverhouding te bevorder.


                                                                                      


Hoewel prys altyd ’n faktor is wanneer ’n bandeverskaffer gekies word, sal kostebesparings plaasvind as daar van die diens van ’n goeie bandeverskaffer en herversoler gebruik gemaak word en daar met ’n gesonde bandinstandhoudingsprogram begin word. 

Herversolingsfabrieke en groothandel

Protea Versoolwerke Ermelo is in 1968 begin as een van die eerste Bandag franchises.

Sedert 2001 is ons deel  van die TWK Groep met ’n voetafdruk regdeur Suid-Afrika.  Ons het talle toekennings van Bandag SA en ander bandeverskaffers ontvang vir uitstaande diens en gehalte.

Ons herversolingsprodukte het die SABS-goedkeuringsmerk en ’n Bandag gehalte-ouditsertifisering.

Ermelo (met 'n vermoë van 5 000 vragmotorbande per maand) en Kimberley (met 'n vermoë van 2 500 bande per maand) versprei aan ’n netwerk kleinhandelaars en eindgebruikers regdeur Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Kaap en Gauteng.

Protea Bande glo daarin om die klant geld te spaar. Ons kan die volgende dienste verskaf om bandlewe te optimaliseer en selfs brandstofkoste te bespaar:

  • Ontledings van afgekeurde bande
  • Opnames en padopnames
  • Vragstudies
  • Toetsbande
  • Bestuurderopleiding
  • Vragmotor-wielbalansering
  • Vragmotor-wielsporing
  • Rekenariseringsprogramme: Profleet en Prowheel
  • Dienste

Die omkeertye vir herversoling is sewe werksdae.

Dienste wat verwag kan word, sluit in:

  • Oplaai en aflaai van bande vir herstel en herversoling
  • Deurlopende inflasie- en instandhoudingsadvies
  • Bandverwante studies soos aangevra
  • "Dringende aandag”-bandopname
  • Ons koop plaaslike buitebande terug wat goed in stand gehou is, insluitend Dunlop, Goodyear, Continental en Michelin.

Insleepdienste

Protea het toegang tot ’n landswye 24-uur, sewe-dae-per-week insleepdiens.

Ons maak hoofsaaklik gebruik van die Bandag ETA landswye fasiliteite, maar kan dieselfde diens deur Dunlop, Continental en ander verskaffers lewer om ’n vinnige landswye diens en die voordeel van vaste koste te verseker.

Kleinhandelaars

Ons kleinhandeltakke is BestDrive (Ermelo) en Dunlop geakkrediteerde handelaars (Piet Retief en Vryheid), en met ’n Battery Centre franchise in Ermelo, is ons oogmerk om die mees omvattende diens aan ons klante te lewer.

Ons is verskaffers van toonaangewende handelsmerke – Continental, Dunlop, Michelin, BF Goodrich, Goodyear en SABS-goedgekeurde nuwe ingevoerde bande.  Battery Centre voorsien Raylite en Exide batterye.  Die monteersentrums spesialiseer in skokbrekers, uitlaatpype, sleepstange, sierwiele, wielsporing en wielbalansering.

Protea Bande bedien alle marksegmente in die bedryf.

  • Hoëprestasie-passasiersvoertuie
  • Klein passasiersvoertuie
  • 4x4s
  • Kommersiële vragmotors
  • Grondwerktuie
  • Mynbou
  • Busse
  • Soliede bande (vurkhyser)
  • Militêr


As ’n BestDrive en Bandag franchisee, kan ons die volgende dienste lewer:

Continental

Conti360° Fleet Services bied ’n eksklusiewe, algehele diens wat in spesifieke behoeftes voorsien om bestuurskostes te beperk. Van die perfekte keuse van bande tot die korrekte monteer daarvan, deurlopende monitering en verslagdoening, vinnige reaksie in die geval van ’n stukkende band, tot die behoorlike hantering van verslete bande. 

ContiFitmentService™
Ons verseker die regte bandkeuse asook die regte monteer van bande om die gladde werking van 'n vloot te waarborg.

ContiFleetCheck™
Ons gereelde inspeksies help om die beste werkverrigting uit bande te verkry.

ContiBreakdownService™
Waar kliënte hulle ook al bevind met ’n stukkende band, ons kry hulle weer op die pad binne die kortste moontlike tyd.

ContiCasingManagement™
Selfs aan die einde van hulle lewe het Continental vragmotorbande ’n kontantwaarde. Ons sorg vir volledige buitebandhantering: insameling, inspeksie, aankoop, herversoling en/of behoorlike wegdoening.

ContiFleetReporting™
Ons verskaf ’n volledige ontleding van bandverwante data, wat met ’n oogopslag die potensiaal vir enige bandverwante kostebesparings toon.

Bandag

Bandag vul sy produkaanbiedings aan met ’n kombinasie van programme, dienste en inligting. 
Hierdie toegevoegde waarde-pakket is doelgemaak vir die behoeftes van vlote en help om:

  • Bedryfskoste te verminder
  • Op kernbesigheid te konsentreer
  • Vlote se bedryfstyd te verhoog
  • Winsgewendheid te verbeter
  • Algehele mededingendheid te verhoog
  • ProFleet
  • ProWheel
  • ProOosta
  • ProTurbo
  • ProTracker

Dunlop

Dunlop bande is ontwerp om aan die streng vereistes en veiligheidstandaarde van die wêreld se mees veeleisende internasionale sertifiseringsliggame te voldoen of dit te oortref. 

Dunlop Bande Suid-Afrika bied landswyd topgehalte bande vir ’n volledige spektrum motoraanwendings.

Dunlop is een van die mees ikoniese en herkenbare bandhandelsname ter wêreld, met ’n ononderbroke geskiedenis wat oor 120 jaar strek. 

Baanbreker innoverings in voertuigveiligheid en werkverrigting.

 Konstante innovering Gehalte produkte Gedryf deur presisie
Die mees gevorderde vervaardigings- en mengseltegnologie  Premium produkte wat aan die hoogste werkverrigting- en veiligheidstandaarde voldoen Totale verbintenis tot ongeëwenaarde gehalte en professionele diens


First National Battery Centre

First National Battery, wat meer as 2.2 miljoen batterye per jaar vervaardig, is die toonaangewende vervaardiger van loodsuurbatterye in Suid-Afrika.

First National Batterye word in meer as 40 lande gebruik en ons produkte dek verskeie bedrywe en aanwendings wat wissel vanaf mynbou, spoorweë en hernubare energie tot oppervlaktraksie, telekommunikasie en voertuie (wat industriële, kommersiële en passasiersvoertuie insluit).

Motorbatterye wat deur First National Battery vervaardig word, is die eerste keuse van Oorspronklike Toerusting-vervaardigers (OTVs) soos Mercedes Benz, Toyota, Nissan, GM SA, BMW, Volkswagen SA, Renault, Ford, Nissan Diesel en MAN.