TWK

Motors en Bande

Motors


By TWK Motors is ons hooffokus om ook die tweede myl saam te loop om uitstekende diens en produk-tevredenheid teen mededingende pryse te verskaf.  
TWK Motors bedryf ’n aantal motoragentskappe en motorverwante besighede.

TWK Motors het aanvanklik begin sake doen met ’n Total vulstasie en die Piet Retief Toyota agentskap. Die besigheid het oor die jare gegroei en sluit vandag een Total vulstasie, twee Toyota agentskappe, ’n Hino vragmotor-agentskap, motorhuur, motoronderdele-dienste, ’n 4x4-verkooppunt en ’n motorherstelpunt in.