TWK

Hout

Kwekery


TWK se kwekery is in Piet Retief geleë en verskaf ’n verskeidenheid saailinge aan privaatkwekers. Die kwekery is deur die Saailingkwekersvereniging van Suid-Afrika gesertifiseer en het ook ’n ISO 9001-sertifisering.

Beskikbare saailinge is E Grandis (verbeter), E nitens, E dunnii, E macarhurri, E benthamii, P patula, P elliottii en A mearnsii. ’n Wye verskeidenheid klone is ook beskikbaar. Groentesaailinge sluit in kopkool, blaarslaai, ui, spinasie, tamatie, brandrissie, eiervrug, seldery en groenrissie.

Die kwekery verskaf ook ’n verskeidenheid ornamentele plante, bome en tuintoebehore.

Die kwekery kweek en verskaf gehalte: 

  • Bosbousaailinge, spesdenne en wattel 
  • Eucalyptus-klone 
  • Groentesaailinge 
  • Tuinplante en saailinge 
  • Potte en tuinornamente 
  • Kunsmis en organiese aanvullings 
  • Tuinprodukte