TWK

Versekering

Versekering


TWK se Versekeringsafdeling is in 1978 gestig om bykomende dienste, veral oesversekering, aan kliënte te verskaf. Deur die jare heen het hierdie produkte en dienste uitgebrei om die groei en ontwikkeling van die maatskappy se diverse kliëntebasis aan te vul. Vandag het TWK dienspunte in Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Wes- en Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng.

Die hoofprodukte wat ons aanbied, is:

  • Persoonlik 
  • Kommersieel
  • Landbou
  • Oes- en Lewensversekering
  • Alternatiewe Risiko Oordrag

Ons bied bykomende spesialisdienste aan soos die waardering van oes na skade en bystand met mediese dienste.
Ons voorsien ook ’n 24-uur nooddiens, via die TWK Connect selfoon applikasie.