TWK

Hout

Affiliate


CTC TIMBER PRODUCTS

CTC Timber Products is in 2008 gestig na die ontbondeling van Central Timber Co-operative Limited en bestaan uit ’n houtverspaanderingsaanleg in Richardsbaai. In die houtverspaanderingsproses word wattel- en gompulphout in houtspaanders versplinter.  Hierdie houtspaanders word na verskeie internasionale bestemmings versend.

Shiselweni Forestry Company Ltd – Maatskappyregistrasieno. 99 van 196

Shiselweni Forestry Company (SFC) is ’n bosboumaatskappy in Swaziland met wattel-, bloekom- en denneplantasies. SFC is ’n stigterslid en ’n huidige lid van die Swaziland Fire Protection Association.

SAWCO Mining Timber Company (Pty) Ltd – Maatskappyregistrasieno. 353 van 1984 

SAWCO Mining Timber bestaan uit twee veeldoelsaagmeulens in Swaziland. Die saagmeulens vervaardig bloekom- en denneprodukte vir die Suid-Afrikaanse en internasionale markte.

STTP SAWCO Treated Timber Products 

SAWCO Treated Timber Products het ’n aanleg vir behandelde hout in Swaziland.