TWK

Versekering

Korttermynversekering


Ons reeks korttermynprodukte sluit in:  

  • Persoonlike/Huishoudelike versekering 
  • Kommersiële versekering 
  • Landbouversekering 
  • Marine- en lugvaartversekering 
  • Aanspreeklikheidsversekering 
  • Gastehuise en wildsplase 
  • Transitodekking 
  • Swaarhandelsvoertuigversekering 
  • Gebou- en regspersoonversekering 
  • Lewendehaweversekering


Hierdie produkte word bemark deur ons professionele netwerk makelaars in die Mpumalanga-, KwaZulu-Natal-, Gauteng- en Wes-Kaap-gebiede wat ondersteun word deur administrasiekantore wat persoonlike diens en effektiewe eishantering aan ons kliënte verskaf.

Ons het tans ooreenkomste met nege van die grootste versekeraars in die korttermynbedryf. Dit gee ons makelaars ’n unieke produkaanbod en onmiddellike reaksie met betrekking tot tariewe en dekking.


Al ons produkte wat intern geadministreer word, kan ondersteun word deur bykomende waardetoegevoegde dienste uitsluitlik aan TWK kliënte.
Dit is:

  • TWK Connect (bied aan kliënte toegang tot ons TWK Connect-toepassing en nooddiensondersteuning – jou makelaar in jou sak). Kyk die video op: https://youtube/F6YP28-BKHk 
  • Turtle Cover (onderskryf deur Western National) 
  • Kontantbegrafnispolis (onderskryf deur Assupol) 
  • Motorhuur (onderskryf deur Empire Insurance Administrators en Genric) 


Met meer as 200 jaar gekombineerde ondervinding kan u seker wees u is in goeie hande
en het u algehele gemoedsrus!

Oesversekering

Ons Oesversekeringsafdeling fokus daarop om ons oeskliënt se risiko teen die beste moontlike tariewe te verskans. Ons wye netwerk van oesversekeringsmakelaars en oesagente in Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Vrystaat en Limpopo het toegang tot die oesversekeraars wat kliënte vergelykende kwotasies en dekkingsopsies bied. Met die rugsteuning van ons Kredietafdeling bied ons oeskliënte unieke betalingstrukture vir die betaling van hulle oespremies.
Hulle diens sluit ook ’n assessorspan in om kliënte met oeseise behulpsaam te wees en om seker te maak dat hulle eise op ’n billike en effektiewe wyse hanteer word.

Plantasieversekering 

Ons korttermynmakelaars is ten volle geakkrediteer om plantasieversekeringsoplossings aan kliënte te verskaf. Hierdie dekking verklein risiko van brand en verwante gevare wat met die plantasiebedryf verband hou, met inbegrip van oesinsamelingskoste, puinverwydering en die koste van watergooi deur lugvaartuie.