TWK

Graan

Veevoere


TWK Veevoere vervaardig ’n omvattende reeks gebalanseerde veevoere. Veevoer is een van die belangrikste en bepalendste faktore vir suksesvolle lewendehawe-boerdery.   Lewende hawe kan hulle volle produksiepotensiaal net bereik as voervereistes optimaal is; as daar op die koste van voer bespaar word, het dit altyd laer gehalte produkte tot gevolg.

Hierdie handleiding oor veevoere bevat ’n lys van alle geregistreerde produkte van TWK Veevoere, die voedingswaarde daarvan en gebruiksaanwysings. TWK Veevoere verskaf ook kliënt-spesifieke vermengings op versoek as produsente verkies om hulle eie voerformules te gebruik.

TWK Veevoere dek die hele spektrum van voervereistes, naamlik:

  • Braaikuiken tot lêhoender
  • Varke
  • Suiwel
  • Somer- en winterveelekke
  • Skape
  • Perde

Veevoer word in die vorm van meel, pille of krummels aangebied.