TWK

BBSEB-status


TWK ondersteun SEB wat by die groep se besigheidstrategieë inpas en wat die belangrikheid van betekenisvolle bemagtiging vir volhoubare groei in ag neem.

Na die implementering van die TWK Groep se herstruktureringstransaksie op 1 September 2014 hou die Vumbuka Trust, ’n breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtigingstrust, 25% van die aandeelhouding in TWK Agri (Edms) Bpk.

TWK het ’n toegewyde Ondernemingsontwikkelingsafdeling wat fokus op die ondersteuning van opkomende boere.

TWK maak ook ’n verskil in die gemeenskappe waarin ons werksaam is deur verskeie sosio-ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe te ondersteun.

Benewens TWK se eie inisiatiewe vir ondernemingsontwikkeling, maatskaplike verpligtinge en vaardigheidsontwikkeling het die Vumbuka Trust ook reeds met bystand van die TWK Groep ’n wesenlike impak in die gemeenskap gemaak.

TWK Agri (Edms) Bpk het trots ’n Vlak 5-breedgebaseerde SEB-status bereik.