TWK Aandele

TWK Aandele


Wanneer jy in TWK belê, belê jy in VOLHOUBARE GROEI en die TOEKOMS.

    

Daar is twee maatskappye in the TWK Groep waarin belê kan word:

  • TWK Agriculture Holdings (Edms) Bpk.  - Die houermaatskappy waarin slegs bona fide boere kan belê.
  • TWK Investments Bpk.  - Die genoteerde maatskappy wat oop is vir publieke belegging.

    

TWK Agriculture Holdings (Edms) Bpk.

Die verhandeling van TWK Agriculture Holdings (Edms) Bpk.-aandele vind plaas deur middel van 'n tweeparty onderhandeling tussen die potensiële koper en verkoper.

Hierdie aandele kan slegs deur kwalifiserende persone i.t.v. die MOI verkry word. Die belangrikste kriteria is dat bona fide boerdery as hoofberoep en besigheidsaktiwiteit bedryf word.

Kliek hier vir verdere inligting m.b.t. die verhandelingsprosedure en aandeleprys.

    

TWK Investments (Edms) Bpk.

TWK Investments Ltd.-aandele het sedert 1 September 2014 op 'n oor-die-toonbankverhandelingsplatform verhandel en is op 12 Junie 2017 op die ZARX gelisensieerde beurs genoteer.

TWK Investments Ltd.-aandele is oop vir publieke verhandeling en enige iemand kan 'n aandeelhouer word.

Kliek hier vir verdere inligting m.b.t. die verhandelingsprosedure en aandeleprys.

   

TWK Lojaliteitskema

Kwalifiserende TWK kliënte ontvang 'n jaarlikse toekenning van TWK aandele deur die TWK lojaliteitskema.