TWK se unieke groep maatskappye verseker volhoubare groei in alle aspekte van ons bedryf.
TWK streef daarna om ‘n werkgewer van voorkeur te wees. Ons behandel ons werknemers regverdig en met respek. Ons vergoed werknemers op 'n mededingende vlak en bied 'n veilige en gesonde werksomgewing. Ons glo dis ons verantwoordelikheid, volgens die visie en missie van die TWK-groep van maatskappye, om 'n regverdige, billike en positiewe werksomgewing vir alle werknemers te handhaaf. Ons glo dat die sukses van die TWK-groep en sy uiteindelike waarde, hoofsaaklik afhang van sy mense, en deur elke werknemer se grootste potensiaal te ontwikkel, dit werksbevrediging en beroepsgeleenthede vir individue sal inhou, tot maksimum voordeel van die groep
Die Menslike Hulpbronne Afdeling het die afgelope paar jaar spesifiek gefokus op vaardigheidsontwikkeling. TWK bied verskeie kursusse en opleiding, sowel as beursinisiatiewe aan. TWK het 'n uitnemendheidstoekenning van die AgriSETA otvang vir die Leier Werkgewer: Vaardigheidsontwikkeling 2015.